Die DA sê die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, is onbevoeg om die bedrog en korrupsie in haar departement die hoof te bied.
Die DA verwys glo na ‘n toenemende aantal begunstigdes, wat oor die beweerde bedrieglike gebruik van hulle selfoonnomers kla.
Voorts sê die party dat nog ‘n groot klomp Suid-Afrikaners, skynbaar hard moes sukkel om maatskaplike toelaes te ontvang, aangesien bedrieërs na bewering sekere begunstigdes se ID-nommers oorgeneem het.
Bridget Masango van die DA, sê die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, se mislukkings wys dat die minister nie vir kwesbares omgee nie.