Die DA-leier, John Steenhuisen, het die vakbond Solidariteit geluk gewens met sy ooreenkoms met die regering dat geen werknemer volgens die VN se Internasionale Arbeidsorganisasie weens regstellende aksie afgedank mag word nie. Steenhuisen het egter in ‘n verklaring gesê solank die bepalings van die voorgestelde Wysigingswet op Gelyke Indiensnemimg geïmplementeer word, sal dit die minister arbitrêre magte gee om raskwotas vir privaat maatskappye te bepaal en die kwotas af te dwing. Die gevolg sal wees dat kaderontplooiing tot in die privaarsektor sal uitbrei aangesien die regering die mag sal hê om aanstellings by privaat maatskappye te dikteer. Die DA reken dat 600 000 wit en bruin mense hulle werk kan verloor. Daarom gaan die party voort om die vernietigende konsepregulasies in die hooggeregshof ongrondwetlik te laat verklaar, het Steenhuisen gesê.

error: Inhoud is beskerm !!