Die DA het die naweek sy verkiesingsmanifes by die Uniegebou bekendgestel. Die DA leier John Steenhuisen sê die keuse om die geleentheid by die Uniegebou te hou was weldeurdag.

Sowat 15 000 mense het die geleentheid bygewoon waar die DA 12 000 blou sambrele uitgedeel het vir mense teen die versengende hitte. Steenhuisen het gesê die bekendstelling is by die Uniegebou gehou juis omdat die party daar gaan begin om die land van ʼn korrupte regering te red.

Steenhuisen sê verder sy party bied ware oplossings vir die land se talle uitdagings.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×