Die DA doen ’n beroep op Transnet om deursigtig te wees met die ondersoek na die treinbotsing op sy uitvoersteenkoollyn in KwaZulu-Natal.

Die party sê Transnet moet die volledige ongelukverslag openbaar maak, en moet ook gereelde opdaterings verskaf oor herstel- en skoonmaakbedrywighede.

Die DA se Mimmy Gondwe beweer Transnet kon voorkom het dat die ongeluk gebeur, indien hy die nodige opgraderings aan sy stelsels gedoen het.

Gondwe sê Transnet moet verduidelik waarom hy steeds ‘n handstelsel gebruik ondanks ‘n tender wat reeds in 2022 vir ‘n gedigitaliseerde stelsel uitgereik is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×