Die DA meen oud-president Jacob Zuma het ‘n voortvlugtende geword na hy sy verblyf in Rusland verleng het. Die DA se skaduminister vir Korrektiewe Dienste, Janho Engelbrecht, het gesê Zuma se reis is ongetwyfeld ‘n reaksie op die Konstitusionele Hof dat hy na die tronk moet terugkeer aangesien sy vroeë vrylating op mediese parool onwettig was. Zuma moet ook weer op 15 Augustus in die hof verskyn vir die sloerende korrupsie-saak.
