Die DA verwerp die korrupsiebewerings teen die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson.

Die EFF het ‘n strafregtelike saak teen Macpherson by die Pretoria Sentraal-polisiestasie geopen.

Die party beweer Macpherson het e-posse gestuur om voorkeur aan wit kontrakteurs te gee terwyl klein minderheidsondernemings nie betaal is nie.

Hulle beweer verder dat Macpherson by die tendersverwerking en betalingsverwerking by die Independent Development Trust ingemeng het.

DA-woordvoerder, Willie Aucamp, sê dis nie verrassend dat die bewerings kom terwyl Macpherson probeer om korrupsie in die departement te beveg nie.

error: Inhoud is beskerm !!