Die DA het Eskom se bestuurder versoek om die ontwerp van ‘n nuwe handelsmerk en die ontwikkeling van ‘n nuwe korporatiewe identiteit-tender te kanselleer. Die party het aan die entiteit se waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, geskryf en versoek dat die tender as ‘n saak van dringendheid gekanselleer moet word ná sy bankrotskap. Die DA het gesê vir ’n entiteit wat nie in staat is om ’n betroubare elektrisiteitsvoorsiening te verskaf nie en in groot skuld is, is ’n nuwe handelsmerk verregaande en nie regverdigbaar nie. Die party het beklemtoon dat al Eskom se besteding daarop gerig moet wees om nuwe opwekkingskapasiteit te vind om beurtkrag te beëindig. Cassim het gesê die tender gaan nie net oor ‘n nuwe Eskom-embleem nie maar oor handelsmerk-identiteite vir Eskom se nuwe afsonderlike afdelings.