Die DA dreig om pres Cyril Ramaphosa by die openbare beskermer te verkla nadat hy tydens ‘n verkiesingsveldtog van die ANC 500-duisend werksgeleenthede aan die skare beloof het. Ramaphosa het volgens Netwerk24 gesê dit is ‘n skema wat belastingbetalers se geld gaan gebruik.
DA-leier, John Steenhuisen, het gister aan ondersteuners in Kaapstad gesê die Gautengse ANC het ook honderdduisende werksgeleenthede beloof wat belastingbetalers-geld gebruik, maar eintlik word werk net aan kaders gegee. Steenhuisen het gesê die skemas is die jongste pogings van die ANC om mense ten koste van die belastingbetaler te manipuleer en die DA sal dit nie duld nie.