Daaglikse COVID 19 gevalle het 3000-kerf verbygesteek

 Daaglikse COVID 19 gevalle het 3000-kerf verbygesteek

Die Departement van Gesondheid het bekend gemaak dat die aantal daaglikse COVID-19-gevalle weer die drieduisend-kerf verbygesteek het.

 

Meer as die helfte van die gevalle is in die Oos-Kaap. Kommer neem toe dat ‘n tweede vlaag van die coronavirus die land gaan tref. Die publiek is gemaan om hul maskers te dra, sosiale afstand te handhaaf en gereeld hul hande te was.

 

Die totale gevalle het tot 762 763 gestyg. Intussen het nog 88 mense aan die siekte gesterf, wat die totale dodetal op 20 759 te staan bring. Die herstelkoers is 92,7 %

Gerdie Karstens