Suid-Afrika het die afgelope twee maande ‘n afname in renosterstropery aangeteken. Dit volgens dokter Dion George, minister van bosbou, visserye
en die Omgewing. George sê ‘n aansienlike daling is gedurende Mei en Junie opgemerk, met nasionale verlies aan onderskeidelik 21 en 22 renosters.
Mei en Junie verlede jaar is op 42 en 34 aangeteken. George sê hierdie verlies-afname kan deels toegeskryf word aan die onthoringing van renosterbevolkings, veral in KwaZulu-Natal.