Daar gaan glo nou na die salarisrekening van die Mangaung-metro gekyk word. Dit aldus Paul Maseko, wie die nasionale kabinet verteenwoordig in die ingrypingspan wat nou die metro moet reg ruk. Maseko het gesê die nasionale regering sit met ‘n soortgelyke probleem, waar die salarisrekening die derde grootste item op die bedryfsbegroting is. Volgens hom is daar te veel mense in die metro se stelsel. Hy het ook genoem dat die span nie sal skroom nie om strafregtelike klagte aanhangig te maak teen diegene wat korrup is. Hy het mense met inligting oor korrupsie en ander ongerymdhede gevra om die ingrypingspan hieroor te in te lig. Volgens hom is stilswye oor sulke aktiwiteite ook ‘n strafregtelike oortreding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×