Daar heers groot ongelukkigheid dat een-honderd-drie-en-sestig sogenaamde spookwerkers in die kantore van politieke ampsdraers in die Mangaung-metroraad glo nou tot einde Mei betaal gaan word. Die Volksblad berig dié mense wat verkeerdelik aangestel is, doen geen werk nie en kry astronomiese salarisse wat die metro nie kan bekostig nie. Dit is glo onlangs op ‘n vergadering bespreek waar Tebogo Motlashuping, waarnemende munisipale bestuurder van die ingrypingspan met diegene wat geraak word, gepraat het. Hy het gesê dat hulle nog tot einde Mei betaal sal word. Hy gaan ook glo Woensdag poste vir ‘n termyn van vyf jaar in die politieke kantore adverteer waarvoor hulle kan aansoek doen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×