Die vakbond Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum se jaarlikse leierskapkongres het gister in Midrand afgesluit. Verskeie belangrike onderwerpe wat veral Afrikaanse skole raak is bespreek insluitende die Wetsontwerp op Basiese Onderwyswette, beter bekend as die Bela-wetsontwerp.

Skole is onder meer ook raad gegee hoe om hulself meer staatsbestand te maak. Die uitvoerende hoof van Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, Leon Fourie, sê hoewel daar meer hoop is na die uitslag van die verkiesing bly die Bela-wetgewing ʼn gevaar vir skole, veral Afrikaanse skole.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×