Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê daar sal geen kortpad wees om beurtkrag te beëindig nie. Minister Ramokgopa en die leierskap van Eskom het gister die media toegespreek oor beskikbaarheid van elektrisiteit. Hy sê dit is te wyte aan die aksies wat Eskom neem om beplande instandhouding op te skerp. Ramokgopa sê egter hy glo die opwekkingseenhede wat onverwags uitgeskakel het, sal teen die einde van die week weer in diens wees.