Build One South Africa (BOSA) sê die minister van Onderwys, Siviwe Gwarube, het geen planne om die huidige 30% minimumvereiste vir vakke op graad 12-vlak te skrap nie.
Gwarube het hierdie week aan parlementslede gesê die departement gaan ‘n raad aanstel om die nodige hervormings in die onderwyssektor aan te spreek.
BOSA sê hy het die departement versoek om die slaagvereiste tot 50% te verhoog.
Die party is van mening dat enigiets onder 50% tot jeugwerkloosheid en onvervulde potensiaal lei.