Die Vrystaatse polisie-intelligensie neem kennis van die sirkulerende boodskappe rakende ‘n beplande stilstand wat glo Woensdag in Mangaung sal plaasvind.
Hulle verseker die gemeenskap dat daar geen rede tot paniek is nie en dat hulle die situasie noukeurig dophou.
Diegene wat enige tipe optog of betoging beplan word ook deur die polisie gewaarsku dat enige optrede wat die wet oortree of die daaglikse bedrywighede van die gemeenskap ontwrig, nie geduld sal word nie asook dat daar nie stilgestaan sal word wanneer ander se regte onregmatig geskend word nie.