Die EFF in die Vrystaat sê daar is sowat elfduisend regering-verbonde onvoltooide huise in die provinsie.

Die party se provinsiale sekretaris, Busanku Msimanga, sê die provinsiale regering moet kontrakteurs aanspreeklik hou, en nie geld wat vir nuwe huise bedoel is, bewillig vir die voltooiing van ou projekte nie.

SABC-nuus berig verder Msimanga sê die regering behoort die vooruitbetaling van kontrakteurs te heroorweeg, aangesien kontrakteurs die geld kan gebruik soos hulle wil en nie om huise te bou nie. Msimanga sê al dié tipe vergrype kan aan die ANC-geleide regering toegeskryf word.

Die Minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het die gebied besoek om te bepaal wat dienslewering belemmer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×