Die opknapping van die rioollyn in Pasteurlaan in Bloemfontein sal binnekort begin, soos aangekondig deur die DA. Hulle gaan voort om te sê dat die inwoners van Fichardpark, Hospitaalpark en Wilgehof by hierdie broodnodige opgradering sal baatvind.
Die rioollyn is glo al jare ‘n aanhoudende probleem en daar is omtrent maandeliks rioolstortings weens die verswakte infrastruktuur. Dirk Kotze, Hennie van Niekerk en Paul Kotze, DA-raadslede, het onlangs met die aangestelde kontrakteur vergader om die projek se naderende begin te bespreek. Hulle voeg by dat die DA daartoe verbind bly om te verseker dat dienslewering aan alle Mangaung inwoners gebring word.