Verskeie museums in die Vrystaat, wat eens as ʼn baken van die provinsie se ryk geskiedenis en kultuur gestaan het, is in ʼn kommerwekkende toestand van verval.

Maroela Media berig volgens die DA se woordvoerder oor sport, kuns, kultuur en ontspanning in die Vrystaat, Werner Pretorius, het onlangse oorsigbesoeke aan verskeie museums die dringende behoefte aan instandhouding, die hernuwing van uitstallings en opleiding van personeel aan die lig gebring.

Hy voeg by dat oorsigbesoeke aan verskeie terreine, onder meer die Nasionale Afrikaanse Letterkundemuseum en Navorsingsentrum, die Ou Presidensiemuseum en die Waaihoek-wêrelderfenisgebied, het gewys dat baie inligtingsborde óf onleesbaar óf heeltemal afwesig was.

Verder is daar ook ʼn algemene gebrek aan inligting oor hierdie fasiliteite en verskeie het onvoldoende gekwalifiseerde personeel. Pretorius sê die departement se begroting moet die instandhouding, toeganklikheid en bevordering van hierdie terreine prioritiseer om sodoende die toerismesektor te verbeter en te verseker dat die gedeelde erfenis bewaar en gevier word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×