Daar is groot kommer oor die aantal gevalle van kabeldiefstal en vandalisme wat straatligkomponente regoor Bloemfontein teiken.
Volgens Lele Mamatu, Centlec woordvoerder, is daar verskeie voorvalle van diefstal op die N8-pad vanaf die lughawe aangeteken. Hy voeg by dat hierdie “barbaarse dade” die Bloemfontein gemeenskap in duister dompel. Centlec sit ook met onnodige hoë volumes hersteldiensversoeke.
Hulle doen ‘n beroep op die gemeenskap om die Mangaung infrastruktuur te beskerm aangesien dit nie net duur is om die gesteelde kabels te vervang nie, maar dit is stel ook motoriste en voetgangers in gevaar.