Terwyl pleidooie vir ‘n wapenstilstand in die Israel-Hamas-oorlog tot dusver op dowe ore geval het, blyk dit nou dat vordering gemaak word.

Daar word wyd berig dat samesprekings ‘n finale stadium bereik het om mense wat op 7 Oktober deur die Palestynse militante groep Hamas gyselaar geneem is, op sekere voorwaardes vry te laat.

Die VSA sê hy werk deurlopend daaraan om ʼn ooreenkoms tussen Israel en Hamas te bewerkstellig. Washington Post het vroeër selfs berig dat daar ʼn voorlopige ooreenkoms gesluit is om vroue en kinders in ruil vir ‘n wapenstilstand vry te laat.

Luidens Reuters, is ‘n skietstilstand die enigste hoop om lewensnoodsaaklike humanitêre hulp aan mense in die beleërde Gasastrook te kan verleen.

Daar is onder meer reuse tekorte aan kos, drinkwater, mediese toerusting en brandstof.  Minstens die helfte van Gasa se 36 hospitale en twee derdes van sy primêre gesondheidsorgsentrums is deur aanvalle lamgelê.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×