Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het Covid-19-werkkontrakte van meer as 1 300 amptenare, wat op die hoogtepunt van die pandemie aangestel is, beëindig.
Volgens Reuters is die aankondiging gister gemaak.
Hierdie kontrakte, wat in 2020 deur die Nasionale Departement van Gesondheid ingestel is, het gesondheidstelsels in die provinsie versterk om ‘n moontlike toename in pasiënte te hanteer.
LEES MEER: Die Wëreldgesondheidsorganisasie sê die nuwe COVID-19 variant is waarskynlik nie ernstig nie
Maar daar is nog hoop vir Covid-19-kontrak-gesondheidswerkers. Die woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, het aan Rosestad Nuus bevestig dat die werkers hulself nie te veel hoef te bekommer oor die aankondiging nie, aangesien 115 werkers reeds weer aangestel is en daar nog moontlikhede volg.
Mvambi vra dat die tydelike personeel die poste wat binnekort beskikbaar gestel gaan word, dophou en aansoek doen.