Dit sal ‘n ramp wees as Suid-Afrika van die Amerikaanse Agoa handelsooreenkoms uitgesluit word.
So waarsku die vakbondfederasie, Cosato.
Cosato is bekommerd dat die Amerikaanse president, Donald Trump, ʼn aankondiging kan maak oor moontlike tariewe op Suid-Afrika.
Nie net is heelwat bedrywe en handelsektore in gevaar nie, die situasie bedreig ook duisend werksgeleenthede in onder meer landbou en mynbou.
Cosatu sê in ʼn verklaring dit is belangrik dat die Amerikaanse regering met Suid-Afrika se regering skakel om seker te maak die besluit wat dit oor Agoa neem, op ware feite gebaseer is.