Die Kontantvervoervereniging van Suid-Afrika (Citsa) het kommer uitgespreek oor die toename in transito-rooftogte in die land. Volgens Citsa was daar sedert Januarie vanjaar 249 rooftogte. Die organisasie het ook ‘n toename van 30 persent in hierdie rooftogte gedurende dieselfde tydperk verlede jaar aangeteken. Daar is reeds 10 rooftogte hierdie maand aangeteken. Citsa sê dit verwag ‘n toename in kontant in transitorooftogte volgende maand en in Desember. News 24 berig die groot brandpunt vir transito-rooftogte is in KwaZulu-Natal met 13 rooftogte tussen April en Junie. Die provinsie het ook ‘n 44% toename in transito rooftogte vanjaar gehad. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×