Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thembi Nkadimeng, sê daar is 66 wanfunksionele munisipaliteite in die land. Hierdie syfer het sedert 2021 met twee munisipaliteite toegeneem. Sy het gister die media ingelig oor die stand van die plaaslike regering. Nkadimeng beklemtoon dat die ander kategorieë vanjaar verbeterings sedert 2021 gesien het. Mediumrisiko-munisipaliteite staan op 107, terwyl laerisiko-munisipaliteite op 54 staan. Sy sê 30 munisipaliteite word as stabiel beskou.