Daar is ʼn nuwe wending in die Brendin Horner-moordsaak

 Daar is ʼn nuwe wending in die Brendin Horner-moordsaak

Die Senekal-landdroshof het gister gehoor dat die swaer van een van die mans wat beskuldig word van die moord op Brendin Horner na bewering een van die getuies in die saak gebel en gedreig het.

Die jong plaasbestuurder is vroeër die maand op ‘n plaas by Paul Roux in die Vrystaat vermoor.

Die beweerde dreigement het tydens die borgtogaansoek van Sekola Matlaletsa en Sekwetja Mahlamba aan die lig gekom.

Die polisiebeampte, Gerhardus Myburgh, het getuig dat hulle besig is om die vrou in ‘n getuie-beskermingsprogram te plaas.

Myburgh het bygevoeg dat Horner se beursie nog gevind moet word.

LeandreAdmin@