Die toename in motorkapings het tot gevolg dat motorversekerings-maatskappye vereis dat kliënte nou twee opsporingstoestalle in hul voertuie moet installeer om die koste van eise te verminder. Volgens Santam het eise vir motorkapings en voertuig diefstal met 128% gestyg. BusinessTech berig Santam het onlangs sy Versekerings Barometer-verslag vir 2022/2023 vrygestel. Volgens die verslag het eise sedert 2021 verdubbel. Duur voertuie soos SUV’s en bakkies word toenemend deur die misdadigers geteiken. Die gewildste voertuie vir misdadigers is die Toyota Hilux, Fortuner en Corrolas, Volkswagen Polos en die Nissan NP 200’s. Dit is ook die voertuie wat die meeste verkoop word in SA wat beteken voertuie word ook vir onderdele gesteel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×