Daar is nie dreigende risiko by die Vrystaatse Bloemhofdam nie, sê die departement van water en sanitasie.

Dit volg na ‘n video op sosiale media sirkuleer wat skade aan die stroomophellings van die Bloemhofdam toon en mense bekommerd gelaat het.

IOL berig dié departement se woordvoerder, Wisane Mavassa, sê hulle is bewus van die skade en ten spyte daarvan is daar geen dreigende risiko van ‘n dambreuk nie, ook toon assessering dat die stroomop hange steeds stabiel is en aan die minimum vereiste veiligheidsfaktore voldoen.

Hy voeg by die Bloemhofdam-watervlak is tans op 100%, en dat hulle watervlakke van beide dié dam asook die Vaaldam aktief bestuur word om te verseker dat die watervlak nie 100% oorskry nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×