Dit is nie waar dat Suid-Afrika se regstelsel swak is en die rede vir die hoë misdaadsyfer is die land is nie, het die minister van justisie, Ronald Lamola in die parlement gesê. Die rede vir die hoë misdaadsyfer is werkloosheid en gebroke familiestrukture, het Lamola in die Nasionale Vergadering, of NV, gesê tydens ‘n debat oor die evaluering en vordering in die versterking van die strafregstelsel in die stryd teen misdaad en korrupsie. Hy het volgens Netwerk 24 gesê dis onregverdig om die strafregstelsel te blameer maar erken daar is uitdagings. Lamola het gesê almal in die land moet saamwerk om iets te doen aan familie-en sosiale strukture want misdadigers leef saam met gesinne.