Sasol sê dat daar in hierdie stadium nog nie vrees vir enige petrol- of dieseltekorte by vulstasies in die land is nie. Dít nadat Suid-Afrika sonder ‘n enkele bedryfsolieraffinadery gelaat is. Al Suid-Afrika se raffinaderye is nou vanlyn, nadat Sasol Natref in Sasolburg gesluit het ná vertragings in die aankoms van ru-oliebesendings by die Durbanse hawe. Die maatskappy het ‘n force majeure verklaar en sê hy sal nie petroleumprodukte kan verskaf nie. Natref verfyn olie om petrol en diesel te produseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×