Verskeie verdagtes is in hegtenis geneem en daar is op onwettige goedere beslag gelê deur die polisie, tydens ‘n nakomingsoperasie in Mangaung.

IOL berig die daglange operasie by Selosesha in Thaba Nchu is gelei deur stasiebevelvoerder, kolonel Mosiuoa Khotlele, wat dit sy saak gemaak het om op onwettige aktiwiteite in tavernes, tweedehandse goedere en snoepwinkels regoor die Mangaung-distrik toe te slaan.

Tydens die operasie is vyf verdagtes vir mandrax en CAT-dwelmhandel in hegtenis geneem.

Die polisie het verder vier onwettige immigrante en een verdagte vir die onwettige besit van ammunisie aangekeer, en 4 tavernes het boetes vir oortredings van regulasies ontvang.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×