Probleme is op verskeie roetes in die Vrystaat is die afgelope week ondervind met vloedwater, en gepaardgaande swaar reën.
The Citizen berig dit is veral in die omgewing van Bothaville, Viljoenskroon en Koppies.
Boere wat van die R720 Edenville/Koppies-grondpad gebruik maak sê hulle sukkel die afgelope vier jaar met die haglike toestand van dié pad, wat die afgelope week bykans onbegaanbaar was na swaar reën.
Volgens Pieter en Karyn Booyens wat ‘n wildsplaas in die omgewing bestuur sê te midde van al die uitdagings wat boere reeds het, kan hulle ook nie hul oeste uit kry nie.