Die Gautengse departement van Gesondheid bestee jaarliks meer as R14 mijoen vir die dienste van Kubaanse dokters terwyl honderde afgestudeerde steeds by die huis sit. Die elf Kubaanse dokters werk met vergunning van ‘n verdragvisum en verdien tot R1,6 miljoen per jaar.

Netwerk 24 berig dit is volgens ‘n geskrewe antwoord van die departement op vrae van die DA-woorvoerder van gesondheid in Gauteng, Jack Bloom. Die verdragvisums is aan Kubaanse dokters uitgereik na ‘n ooreenkoms tussen Kuba en Suid-Afrika. Bloom sê dit is skokkend dat Kubaanse dokters aangestel word maar dat daar volgens die minister van gesondheid, dr Joe Phaahla, nie geld is vir poste om jong dokters aan te stel nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×