Gevangenes wat tydens ‘n onaangekondigde klopjag by die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein met smokkelware gevind is, gaan krimineel aangekla word.

SABC News berig dit is volgens die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale. Die operasie was bedoel om smokkelary by die fasiliteit uit te roei. Kontant, dagga, USB-kabels, selfone, asook sigarette en tabak is van die smokkelgoed wat tydens die klopjag ontdek is. Thobakgale sê hulle bestuur ‘n kontantlose sentrum, so gevangenes is nie veronderstel om geld te hê nie.

Hy dui aan dat diegene wat met die items gevind is, gedissiplineer sal word, asook dat die items wat gevind is, weerspieël dat daar sekuriteitskwessies is. Die soektog volg op die bekendstelling van Operasie Vala by die naburige Grootvlei Korrektiewe Sentrum.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×