Daar word jaarliks hand en mond belowe om die probleme met die Suid- Afrikaanse Polisiediens uit te stryk.

Tog was daar tydens onlangse oorsigbesoeke aan sewe polisiestasies in die Vrystaat geen sigbare verbetering in die toestand van dié provinsie se polisiestasies nie.

Maroela Media berig Leona Kleynhans, die DA se woordvoerder vir polisie in die Vrystaatse wetgewer, kan van dié treurige toestande getuig nadat sy onlangs oorsigbesoeke aan sewe polisiekantore in die Qwaqwa- en Phumelela-gebiede gedoen het.

Sy vertel stukkende diensmotors staan al maande – indien nie jare nie – by sommige polisiekantore in die Vrystaat se werkswinkels geparkeer, terwyl sommige polisiestasies etlike duisende agterstallige dossiere, maar slegs een speurder het.

Volgens haar is mobiele stasies nodig, maar is die mannekrag nie daar om sulke stasies te beman nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×