Suid-Afrikaanse sjokoladeliefhebbers sal dieper moet delf namate die prys van kakao aanhou styg. Die prys van kakao het al met byna 70% gestyg.
Business Tech meld dat uiterste weerstoestande, aanhoudende droogte en wisselende temperature die kakao-opbrengste aansienlik beïnvloed het.
Die Outlier se prysnavolger wys dat ‘n standaard melksjokoladestafie in 2017 sowat R14.15 sent gekos het en in Desember verlede jaar tot R23.92 sent gestyg het.