Alle aanduidings is daar dat die gewraakte Bela-wysigingswetsontwerp hierdie week onderteken gaan word. Volgens die Solidariteit beweging sal die ondertekening as ‘n daad van aggressie en verbreking van die vertrouensverhouding met die Afrikaanse gemeenskap gesien word.
Talle organisasies het vanoggend ‘n gesamentlike mediakonferensie oor die beplande ondertekening gehou en Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit beweging, het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om nie die wet Vrydag te onderteken nie.
LUISTER HIER: