Die Afrika-slangbytinstituut het hul kommer uitgespreek nadat die Suid-Afrikaanse Entstofprodusente aangekondig het dat hulle tans nie oor slangteengif-voorraad beskik nie.
Volgens Johan Marais, hoof van die Afrika-slangbytinstituut, is dit rede tot kommer aangesien slange al hoe meer aktief raak namate temperature styg.
Hospitale het wel teengif, maar daar is nie genoeg voorraad nie. ‘n Alternatiewe teengif, genaamd Pan African Premium, word tans ingevoer
Alhoewel dit blyk om ʼn goeie alternatief te wees, word dubbeld die dosering benodig en verg dit baie papierwerk om aan te koop.