Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, sê sy is nie seker of Postbank die nuwe sperdatum om maatskaplike toelae-begunstigde-kaarte om te ruil, sal haal nie.

Die bank het tot 20 Maart vanjaar tyd om SASSA-begunstigdes se goue-kaarte na die nuwe Postbank swartkaarte te ruil.

Tolashe het haar oorsigbesoek oor die proses in die Wes-Kaap voortgesit, en het kommer uitgespreek oor bejaardes wat dae lank in lang toue moet wag om hul goue kaarte vir swart kaarte te verruil.

Die minister sê Postbank se plan om die begunstigdes betyds te help, werk nie.

LUISTER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×