Bloemfonteiners was verlede jaar deur die grusame moorde van die 65-jarige Bets Kruger, wat die Byenes-dagsorgsentrum in Wilgehof bedryf het, asook haar dogter en skoonseun, geruk. Vrydagoggend is ‘n beduidende deurbraak, na meer as ‘n jaar se ondersoeke, in die drie-dubbele moordsaak gemaak.
Die polisie het ‘n vrou en haar vriend vir hul beweerde betrokkenheid, in Bloemfontein, in hegtenis geneem.
LEES MEER: Drie-dubbele moord ruk Wilgehof in Bloemfontein
Die twee verdagtes sal na verwagtig aanstaande Maandag in die hof op aanklagte van moord en die vrou ook vir die oortreding van die immegrasiewet, verskyn. Die polisie se Kaptein Loraine Earle vertel aan Rosestad-nuus dat dit vir hulle ‘n baie groot deurbraak is. Sy sê owerhede was op die verdagtes se spoor waar hulle deur die nag kort-kort tussen huise verskuif het. Hulle is uiteindelik Vrydagoggend 06:00 vasgetrek.