Dit blyk of die dele van Bloemfontein, wat alreeds ‘n groot deel van die dag in die donker is, teen 20:00 Dinsdagaand weer krag sal he.
Daar is twee kabels wat gelas moet word nadat dit beskadig is, glo in ‘n poging om die kabels te steel.
Volgens Jan-Hendrik Cronje van die DA, vorder die kragvoorsiener Centlec se spanne goed, deels te danke aan ‘n Bloemfonteiner wat ‘n kragopwekker verskaf het en die werk-omstandinghede vergemaklik het.