Die Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming bevestig dat daar tans vyf uitbrekings van hoogs patogeniese voëlgriep op kommersiële plase in die Wes-Kaap is.

Die departement sê alle geaffekteerde plase is onmiddellik onder kwarantyn geplaas.

Die departement verseker verbruikers dat kommersiële pluimveevleis en -eiers veilig is om te eet.

Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê geen lewende voëls of eiers mag van geaffekteerde plase af verwyder word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×