‘n Verdere verhoging van die reeds verwoestende suikerbelasting sal tot die ondergang van 25 000 suikerrietboere lei. Dit sal op sy beurt ook duisende gesinne in armoede dompel.

Dit is die vrees van SA Suikerrietkwekersvereniging en die SA Farmers Development Association (Safda). Maroela Media berig die verenigings pleit by pres. Cyril Ramaphosa en sy administrasie om óf die suikerbelasting heeltemal te skrap, óf ten minste die moratorium op die belasting tot 2030 te verleng.

Die verenigings sê daar word samevattend bevind geen “geloofwaardige studies”, hier of wêreldwyd, dui aan dat suikerbelasting tot ʼn afname in vetsug en diabetes lei nie.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×