Daar is weer ‘n sterk polisie-teenwoordigheid in Senekal

Daar is weer ‘n sterk polisie-teenwoordigheid in Senekal, waar twee moordverdagtes vandag in die landdroshof verskyn.

Die mans – Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba – word aangekla van die moord op die plaasbestuurder, Brendin Horner vroeg in Oktober.

Hulle borgtogaansoek wat Vrydag begin het, hervat vandag, hoewel die Staat aangedui het dat hy ‘n sterk saak teen die verdagtes het.

Die hoëprofielsaak het van die begin af gelei tot onrus en geweld op Senekal.

Twee lede van die gemeenskap – André Pienaar en Stephen Fourie – is kort ná mekaar in hegtenis geneem in verband met openbare geweld waartydens skade aan die hofgebou aangerig is en ‘n polisievoertuig omgekeer en uitgebrand het.

Albei het intussen borgtog gekry.

Luister na potgooie hieronder