Daar kan teen die voormalige Eskom-hoof, André de Ruyter, opgetree word nadat hy opdrag gegee het vir ‘n privaat gefinansierde intelligensie-ondersoek van die kragvoorsiener. Dit is volgens die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, advokaat Andy Mothibi. Hy het gesê die ondersoek is nie deur die rekenpligtige gesag, die direksie van Eskom, gemagtig nie. Hy sê dat ten spyte van goeie bedoelings, dit beoordeel sal word en toepaslike stappe sal geneem word op grond van regsadvies wat ingewin is.