Amerika se voormalige president, Donald Trump, is die voorloper om pres. Joe Biden in November se verkiesing uit te daag. Dit nadat Trump ʼn groot oorwinning behaal in die Republikeinse Party se presidentsbenoemingswedloop in die deelstaat Iowa. AFP berig die 77-jarige Trump het met 51% van die stemme teenoor Ron DeSantis en Nikki Haley geseëvier. Daar was wel vrae of Trump deur sy regsprobleme gekniehalter sou word, aangesien hy vanjaar deur verskeie siviele en kriminele verhore in die gesig gestaar word.