Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die regering sal nie die registrasiesperdatum vir eienaars van voedselondernemings verleng nie.
Volgens Hlabis het eienaars van spazawinkels en koswinkels genoeg tyd gehad om hul besighede voor verlede week Vrydag te registreer.
Hy sê diegene wat versuim het om te registreer, moet hul ondernemings sluit.
Die departement sal na verwagting Maandag en Dinsdag verifikasiekontroles doen om nakoming en veiligheid te verseker.