Daar wag verligting vir verbruikers by die brandstofpompe

Brandstofpryse gaan Woensdag daal.

Die prys van diesel sal tussen 90 en 93 sent per liter daal en die prys van paraffien met 76 sent per liter.

95-oktaan petrol sal 32 sent per liter goedkoper wees en 93-oktaan sal verbruikers 23 sent minder kos.

Die nuwe maksimum kleinhandel verkoopprys vir huishoudelike gas daal met 20 sent per kilogram.

Die Departement van Minerale Bronne en Energie sê die aanpassings is gegrond op die styging van die rand teenoor die dollar en die daling in die prys van ru-olie.

Luister na potgooie hieronder