Daar was die afgelope naweek ʼn aantal gru-motorongelukke

 Daar was die afgelope naweek ʼn aantal gru-motorongelukke

Vyf mense is gister dood en nog een is beseer in ‘n botsing tussen ‘n bakkie en ‘n motor op die N8 in Bloemspruit, Mangaung.

ER24 in die Vrystaat sê ná die botsing met die bakkie het die motor ‘n paar keer gerol en die insittendes is uitgeslinger.

Die vier vroue en een man in die motor is almal dood.

In nog ‘n noodlottige ongeluk wat die naweek plaasgevind het, is vier mense dood en ses ander beseer na ‘n botsing tussen ‘n motor en ‘n bakkie op die R301 in Franschhoek in die Boland.

Drie mans en ‘n vrou is in die ongeluk dood.

Die naweek se grootste tragedie is 13 mense van dieselfde familie naby Bulwer in KwaZulu-Natal dood.

Die minibus waarin hulle gereis het, het blykbaar aan die familie behoort.

LeandreAdmin@