Die kontrakteursfirma van die gebou in George wat Maandag ineengestort het, het vroeg vanoggend in ʼn verklaring bevestig dat daar 81 werkers op die perseel was en nie 75 soos voorheen gedink nie. Reddingspogings om nog konstruksiewerkers onder die puin van die ineengestorte gebou in George te haal het deur die nag voortgeduur. Wes-Kaapse amptenare het gisteraand bevestig dat die dodetal tot agt gestyg het. Reddingspanne werk al vir so lank as 64 uur om mense onder die puin te red. Die George-munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards, sê dit beteken daar is steeds 44 werkers wat onder die puin vasgekeer is.